Skryf jou kind

by Knikkie Knakkie in!

By Knikkie Knakkie bied ons liefdevolle sorg, kwaliteit onderrig en 'n veilige omgewing waar kinders kan speel, ontdek en groei.

'n Huis weg vanaf jou eie huis!

Moedertaalonderrig

Een-tot-een aandag

Speel, eet, slaap, herhaal

Moedertaal  onderring

Een tot een  aandag

Speel, eet,  slaap, herhaal


HOE DIT WERK



VUL DIE VORM IN

Voltooi die aanlyn aansoekvorm met jou besonderhede.


ONS KONTAK JOU

Ons span sal jou kontak om besonderhede te bevestig.


BESOEK DIE SKOOL

Kom kuier saam met ons en ervaar Knikkie Knakkie.


PLEK BEVESTIG

Ons bevestig jou kind se plek en verwelkom julle in ons familie!

Gereelde vrae


Gereelde vrae

  • Wie mag my kleuter by die skool afhaal?

    In die meeste gevalle sal dit die kleuter se ouers wees. Indien die kleuter se grootouers, familielede of au pair hom/haar kom afhaal, moet 'n reëling met die bestuur getref word. Verkieslik moet vooraf toestemming gegee word met die persoon se inligting en ID-nommer. 

  • Wat gebeur wanneer my kleuter beseer is?

    Elkeen van die Knikkie Knakkie-personeel (assistente ingesluit) beskik oor noodhulpopleiding sodat die nodige versorging en noodhulp toegepas kan word. Voorvalle word in die insidenteboek aangeteken en die ouers word ingelig. Indien’n kleuter verdere mediese hulp benodig, sal die ouers gekontak word om die kleuter hospitaal of dokter toe te neem. 

  • Word etes voorsien?

    Die kleuterskool verskaf ontbyt, oggend - en middagversnaperings sowel as gebalanseerde middagetes. 

  • Is die kleuterskool gesluit gedurende skoolvakansies?

    Die kleuterskool sluit vir ‘n tydperk van 2 weke gedurende die Desembervakansie. 


    Knikkie Knakkie is ook gesluit op openbare vakansiedae. 

  • Word buitemuurse aktiwiteite aangebied?

    ‘n Verskeidenheid aktiwiteite word teen ekstra koste by Knikkie Knakkie aangebied. 


    Monkeynastix, Kindermusiek, Tjomme met Somme en Aqua Miek Swemklasse word weekliks aangebied. 


    ‘n Gekwalifiseerde spraakterapeut besoek ook die kleuterskool weekliks.  

Wat sê ons ouers?

Ek self is n ou Knikkie en dit voel of ek weer tuis is en ek wil die goeie herinneringe wat ek as kind gehad het vir my seuntjie ook he. Ons is ongelooflik gelukkig by hierdie kleuterskool! Al die juffrouens is altyd vriendelik, gee om en gee individuele aandag aan elke kind. Mens voel van die eerste oomblik af welkom en word met respek en vriendelikheid behandel.

Die klasse is altyd netjies en skoon, met ’n warm en “inviting” atmosfeer wat mens sommer tuis laat voel. Die speelareas is veilig, ruim en perfek vir kinders om vrylik te speel en net kinders te wees. Hulle bied ook baie buitemuurse aktiwiteite aan.

Ons kan hierdie kleuterskool met groot vertroue aanbeveel!

Chane Henning

Beste kleuterskool in die land. Die personeel in die Babakamer is onvervangbaar, daar is nie woorde om hulle te beskryf nie. Hulle en die hoof is PUIK. Knikkie Knakkie is 'n huis weg van ons kindertjies se huis af. Ons kan die kleinspan met 'n geruste hart daar los.



Anne-Marie Hayward

Knikkie Knakkie is werklik besonders! Die onderwysers is liefdevol, oplettend en passievol oor die kinders. Die omgewing is warm, veilig en vol prettige leerervarings wat kinders help om met selfvertroue te groei. ’n Mens kan regtig die sorg en toewyding in alles sien wat hulle doen. Ek beveel dit sterk aan vir enige ouer wat ’n gelukkige en versorgende plek vir hul kind soek!

Maria Da Silva


FOTOGALERY

Vennote en Akkreditasie